Ek slaan my oë op na die berg
Die Here is my gans en al
    Hy het geskep die groot heelal
        Hy is beskikker oor my lot
            En bly vir my die enig God.
Ek sit aan voet van hoë berg
    Sy grootsheid wil my sinne terg
        Die kranse wat benede stort
            Word nooit in woordeskat omgord.
Of majestueus die hoog in klim
    Tot dit verdwyn in hemelkim
        Groteske rotsgevaartes hoog
            Die berg opstyg na eterboog.
En as jy dit van ver aanskou
    Dit kleur sigself in pers en grou
        'n Wolkmus soms die kruin bedek
            'n Uitsig wat jou denke strek.
Die basalt kruin wat dit behou
    En sandsteen kranse laag invou
        Die rotsmassief se aangesig
            Beïndruk mens so doelgerig.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 8 Februarie 1988